aXia Consulting

Belasting- en rekeningkundige spesialiste vir klein tot medium ondernemings

Die stigter van aXia Consulting het ‘n behoefte identifiseer om meer te fokus op waarde-toevoeging in die rekeningkundige dienste wat ons bied. Sy glo dat ‘n verhouding met elke kliënt ‘n kultuur van persoonlike investering tot gevolg het. Met meer as ‘n dekade se ondervinding in die veld, weet sy dat verhoudings die hoeksteen van sukses is. So, is aXia Conculting gestig.

 

aΣia, wat waarde beteken, dui op die visie van die maatskappy. Ons doel is om deel te wees van jou span, om jou by te staan met die dag-tot-dag besluitneming, wat jou belasting en winsgewindheid beïnvloed. Wanneer ons kliënte suksesvol is, spoel dit oor na ons en dus is dit ‘n persoonlike belegging in elke een. Ons professie gaan oor die mense agter die syfers en dít is die geheim van ons sukses.

Ons direkteur het haar loopbaan in 2004 in Londen begin. Serdertdien het sy haar BComHons deur die Universiteit van die Vrystaat voltooi en gespesialiseer in rekeningkunde. Sy het twee nagraadse diplomas deur Unisa verwerf en het haar korporatiewe ondervinding by een van die groot vier firmas verkry. Daarna het sy haar toegespits op klein tot medium ondernemings, waar sy haar passie gevind het.

Professionele konsultant

Gespesialiseerde rekeningkundige en belastingadvies en dienste